Vandag is propvol pret! Ons gaan meer leer oor simmetrie, vrae oor ‘n grafiek beantwoord, en ‘n begripstoets doen. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Simmetrie: Gebruik jou potlood om die lyne van simmetrie te trek. Ons sal later met ‘n liniaal werk, maar vir nou doen ons dit stadig met die vrye hand.

Data hantering:

Lees – Begripstoets:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.
Jy’s ‘n ster!
Gaan speel nou lekker!