Dag 48

Ons gaan vandag lekker leer en pret hê! Ons gaan agteruit tel, kombinasies van 9 aanpak, getalname skryf, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, eindklanke invul, lees, en ‘n sin skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons verder gesels oor ons gemeenskappe. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Op jou merke, gereed, gaan!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel agteruit:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Kombinasies van 9 en getalname:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons gaan môre met ‘n nuwe stel klanke begin. Laai dit gerus solank hier af.

Klanke – Vul die eindklanke in:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Ons het ‘n splinternuwe storie vandag! Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf ‘n sin:

Lewensvaardigheid: Teken ‘n mooi prent van hoe jy een soort publieke vervoer gebruik – ‘n bus, taxi of trein.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.

Kyk nou net hoe slim is jy! Mooi so!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s