Dag 45

Ons het vandag sommer baie lekker werk! Ons gaan in vywe en tiene tel, getalle rangskik, hoofrekene doen, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde ontskommel, lees, en sinne orden. In Lewensvaardigheid gaan ons gesels oor die plekke wat ons in ons gemeenskappe kry. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in vywe en tiene tot 100: In tiene kan jy sommer agteruit ook tel tot by nul.

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Rangskik getalle:

Hoofrekene trein:

Nog hoofrekene:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Ontskommel die woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Orden die sinne in die storie en teken gepasde prente vir elke sin:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die plekke in ons gemeenskappe.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer nogsteeds oor die dinge wat ons in die slaapkamer kry. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat. Hoeveel van die sinne kan jy sonder die klank op jou eie sê?

Baie mooi! Jy het goed gedoen!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s