Dag 41

Die fokus hierdie week is op hersiening van alles wat ons tot dusver gedurende die tweede kwartaal gedoen het. In Wiskunde gaan ons in onewe getalle tel, totale en kleingeld bereken, en ‘n storiesom uitwerk. Daar is ‘n vinnige klanke toets om te kyk hoe goed jy jou klanke ken, en dan gaan ons lees. Ons gaan ook ontbrekende woorde invul. Vir lewensvaardigheid gaan ons gesels oor hoe om te verseker dat ons drinkwater skoon is. Dan gaan ons eindig met Engels, waar ons weer ‘n keer kyk na die woorde en sinne wat ons voorheen geleer het. Drie, twee, een, hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in onewe getalle tot 59:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Bereken totale en kleingeld:

Storiesom:

Klanke toets:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Dink mooi oor waar jy jou stem harder of sagter moet maak. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Ontbrekende woorde:

Lewensvaardigheid: Gesels oor hoe om te verseker dat drinkwater skoon is.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Ons hersien ons vorige woorde en sinne. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat.

Sjoe, dit was fantasties gewees!

Gaan ontspan en speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s