Dag 84

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan tel, ‘n storiesom uitwerk, die volgende stap neem om getalle op te breek, hoofrekene doen, handskrif oefen, klanke soek, lees, en sinne oor prente skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor kos leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel:

Storiesom en Opbreek van getalle: Laai die spreikaarte af en gebruik hulle om die getalle in tiene en ene op te breek.

Hoofrekene:

Handskrif en Klanke soektog: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons hersien hierdie week van die nuwe klanke wat ons reeds aangeleer het. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Skryf sinne: Gesels eers oor wat jy in die prent sien en besluit wat jy wil skryf. Jy moet ten minste twee sinne skryf. Jy kan van die woorde wat verskaf is gebruik, maar voeg ook jou eie woorde by deur hulle uit te klank en te skryf. Probeer om dit self te doen – sonder enige hulp as jy kan.

Lewensvaardigheid – Kos: Gesels oor waar verskillende soorte kos vandaan kom. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons vertel hierdie week ‘n storie. Gesels saam en probeer om teen die einde van die week die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 74

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan getalpatrone beskryf, ‘n storiesom uitwerk, meer oor pylnotasie leer, hoofrekene doen, antwoorde op die getallelyn bereken, handskrif oefen, woorde ontskommel, lees, en sinne oor prente skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor plante leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Beskryf getalpatrone en storiesom:

Pylnotasie en hoofrekene:

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Handskrif en Klanke – Geskommelde woorde: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente: Gesels eers oor wat jy in elk van die prente sien en besluit wat jy wil skryf. Jy hoef slegs een sin vir elke prent te skryf. Jy kan van die woorde wat verskaf is gebruik, maar voeg ook jou eie woorde by deur hulle uit te klank en te skryf.

Lewensvaardigheid – Plante: Skryf die name van die dele van die plante. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week oor plaasdiere. Gesels saam en probeer om teen die einde van die week die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 69

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan in vywe en tiene tel, ‘n storiesom uitwerk, meer oor pylnotasie leer, hoofrekene doen, antwoorde op die getallelyn bereken, handskrif oefen, woorde ontksommel, lees, en sinne oor prente skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor maniere en verantwoordelikhede leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel in vywe en tiene, storiesom en pylnotasie:

Hoofrekene:

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Handskrif en Klanke – Geskommelde woorde: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente: Gesels eers oor wat jy in elk van die prente sien en besluit wat jy wil skryf. Jy hoef slegs een sin vir elke prent te skryf. Jy kan van die woorde wat verskaf is gebruik, maar voeg ook jou eie woorde by deur hulle uit te klank en te skryf.

Lewensvaardigheid – Maniere en verantwoordelikhede: Dink mooi na oor watter prente by elk van die sinne pas. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week oor troeteldiere. Gesels saam en probeer om teen die einde van die week die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 64

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan in vywe en tiene tel, ‘n storiesom uitwerk, meer oor pylnotasie leer, hoofrekene doen, antwoorde op die getallelyn bereken, handskrif oefen, woorde ontksommel, lees, en sinne orden. In Lewensvaardigheid gaan ons oor troeteldiere leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel in vywe en tiene, en storiesom:

Pylnotasie (plus) en hoofrekene:

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente:

Lewensvaardigheid – Troeteldiere: Dink mooi wat troeteldiere nodig het, waar hulle slaap en wat ons hul babas noem. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week die woorde en sinne wat ons gebruik wanneer ons iets by die winkel wil koop. Jy kan winkel-winkel met iemand speel en hierdie woordeskat gebruik. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 59

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan in vywe en tiene tel, meer oor pylnotasie leer, antwoorde op die getallelyn bereken, hoofrekene doen, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde ontksommel, lees, en sinne langs die korrekte prente skryf. Daar is ook skryf en praat aktiwiteite as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel in vywe en tiene en pylnotasie (plus):

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Hoofrekene spinnekop:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Kyk weer na ons nuwe woorde. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer ‘n nuwe ry woorde. Leer nogsteeds al die woorde, maar fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 50

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan in vywe en tiene tel, meer oor pylnotasie leer, antwoorde op die getallelyn bereken, hoofrekene doen, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde ontksommel, lees, en sinne langs die korrekte prente skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons verder gesels oor ons gemeenskappe. Daar is ook skryf en praat aktiwiteite as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in vywe en tiene:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Pylnotasie – Optelling (plus):

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Hoofrekene trein:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons gaan vandag met ‘n nuwe stel klanke begin. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die werke wat verskillende mense in ons gemeenskappe doen.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 45

Ons het vandag sommer baie lekker werk! Ons gaan in vywe en tiene tel, getalle rangskik, hoofrekene doen, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde ontskommel, lees, en sinne orden. In Lewensvaardigheid gaan ons gesels oor die plekke wat ons in ons gemeenskappe kry. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in vywe en tiene tot 100: In tiene kan jy sommer agteruit ook tel tot by nul.

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Rangskik getalle:

Hoofrekene trein:

Nog hoofrekene:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Ontskommel die woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Orden die sinne in die storie en teken gepasde prente vir elke sin:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die plekke in ons gemeenskappe.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer nogsteeds oor die dinge wat ons in die slaapkamer kry. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat. Hoeveel van die sinne kan jy sonder die klank op jou eie sê?

Baie mooi! Jy het goed gedoen!

Gaan speel nou lekker!

Dag 40

Ons werk hierdie week fokus op hersiening van alles wat ons tot dusver gedurende die tweede kwartaal gedoen het. In Wiskunde gaan ons in vywe en tiene tel, hoofrekene doen, groepeer, en ‘n storiesom uitwerk. Daar is ‘n vinnige klanke toets om te kyk hoe goed jy jou klanke ken, en dan gaan ons lees. Ons gaan ook sinne orden. Vir lewensvaardigheid gaan ons gesels oor die dinge wat ons kan doen om onsself gesond te hou. Dan gaan ons eindig met Engels, waar ons weer ‘n keer kyk na die woorde en sinne wat ons voorheen geleer het. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in vywe en tiene tot 100:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Hoofrekene:

Groepering:

Storiesom:

Klanke – Nuwe woorde: Leer die -og woorde. Vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke toets:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Dink mooi oor waar jy jou stem harder of sagter moet maak. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Ordening:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die dinge wat ons kan doen om onsself gesond te hou. Hierdie is ‘n goeie geleentheid om ook oor voorsorgmaatreëls vir COVID-19 te gesels.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Ons hersien ons vorige woorde en sinne. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat.

Jy het vandag so goed gedoen!

Gaan ontspan en speel nou lekker!

Dag 35

Vandag is nog ‘n dag vol opwindende oefen-assesserings! In die Wiskunde oefentoets gaan jy in vywe en tiene tel, halveer, en hoofrekene doen. In die Klanke oefentoets gaan jy spog met jou vaardighede rondom woordfamilies, en dan hierdie week se storie lees. Jy gaan ook ‘n lys skryf van al die dinge wat ons by die skool gebruik. In Lewensvaardigheid gaan ons dink oor hoe ons onsself veilig kan hou en gesels oor goeie en slegte gevoelens, en eindig met Engels, waar jy kan spog met hoe goed jy die woorde wat jy oor die badkamer geleer het, ken. Een, twee, drie, kom ons begin!

Die ding van toetse… Lees asseblief die nota hieronder.

Hierdie week sluit ‘n paar oefentoetse in. Die werk in die toetse is gebasseer op wat ons vanaf Dag 1 van die lesse op die webblad gedoen het. Ek beveel nie aan dat enige kind die toetse skryf, tensy hy/sy deeglik voorberei is om die werk te doen nie. Gaan eerder terug na vorige lesse indien jou kind eers onlangs met Kwartaal 2 se werk begin het. Die soek funksie kan ook help as jy na spesifieke onderwerpe wil teruggaan.

Die toetse moet so informeel as moontlik en met so min druk as moontlik gedoen word. Die enigste rede hoekom werk ooit geassesseer moet word, is sodat ons ‘n aanduiding kan hê van waar daar meer hulp benodig word, of waar ‘n konsep nog nie heeltemal vasgelê is nie. So, moenie die antwoorde of hulp buiten die instruksies gee nie, maar gee wel baie aanmoediging aan jou kind. As hy/sy vashaak, moedig hom/haar aan om terug te dink na hoe ons die werk voorheen gedoen het. Die toetse is hier beskikbaar met memo’s indien jy dit wil druk. Indien jy nie toegang tot ‘n printer het nie, kan jy hulle met die hand oorskryf. Die memo’s dui aan hoe die punte toegeken word en waarvoor ‘n onderwyser sal uitkyk.

Wiskunde – Oefentoets 3: Gee een opdrag op ‘n slag, en slegs die volgende een sodra jou kind die vorige afdeling voltooi het.

Klanke – Oefentoets 3:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is, en meer opgewonde wanneer daar ‘n uitroepteken is.

Skryf – Oefentoets 3:

Lewensvaardigheid: Spandeer tyd daaraan om met u kind oor hierdie belangrike onderwerp te gesels. Dit is belangrik dat hulle weet dat hulle, asook hulle liggame spesiaal is. Niemand mag aan hulle raak of vat nie, veral nie as hulle nee gesê het nie. Hierdie blad handel oor wanneer iemand se aanraking reg voel (‘n ja gevoel) en hulle goed en veilig laat voel, of wanneer iemand se aanraking verkeerd voel (‘n nee gevoel) en hulle onveilig of ongemaklik laat voel. Dit help hulle om te leer om hulle eie oordeel te vertrou in situasies met ander mense. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid boek vir kwartaal 1 en 2.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Vandag is jou kans om te sien hoe goed jy die woorde wat ons oor die badkamer geleer het, onthou. Wys na die dinge wat jy in die video hoor.

Jy was vandag ‘n ware ster gewees! Mooi so!

Gaan ontspan en speel nou lekker!