Dag 31

Vandag is ‘n wonderlike dag vir pret en leer! Ons gaan in onewe getalle tel, kleingeld en totale bereken, die woordeskat van posisie hersien, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde sorteer volgens hul eindklanke, sigwoorde en ‘n storie lees, oor ons vyf sintuie gesels en ontbrekende woorde invul. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Daar was tegniese probleme met die Downloads blad gewees, maar die probleem is nou opgelos. Klik op die skakel hier bo – veral om die nuwe Sigwoorde blad af te laai.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in onewe getalle:

Geld – Kleingeld:

Geld – Totale:

Storiesom:

Posisie in ruimte:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Eindklanke:

Lees – Sigwoorde. Leer die woorde wat gemerk is. Dit is belangrik dat jy die woorde vinnig kan sĂȘ. Jy kan die woorde uitknip en vra dat Mamma of Pappa hulle vir jou flits. Die sigwoorde is beskikbaar om af te laai onder Resources and Downloads.

Lees: Probeer jou bes om vlot te lees. As daar woorde is wat jy nog nie ken nie, klank hulle uit. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Lewensvaardigheid: Gesels oor die vyf sintuie en vul dan die ontbrekende woorde in. Die blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid boek vir kwartaal 1 en 2.

Engels – Skryf byskrifte:

Engels Addisionele Taal: Hoeveel woorde en sinne kan jy sonder die klank sĂȘ? Oefen so paar keer totdat jy almal mooi kan sĂȘ.

Jy is sommer baie slim! Jy het vandag mooi gewerk.

Gaan doen nou iets lekkers!

Dag 30

Vandag gaan ons sommer lekker werk! Ons gaan in vywe en tiene tel, werk aan ons hoofrekene, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, rymwoorde in ons woordfamilies soek, sigwoorde en ‘n storie lees, ‘n lys maak en gesels oor hoe ons liggame beweeg. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Is jy gereed? Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Daar was tegniese probleme met die Downloads blad gewees, maar die probleem is nou opgelos. Klik op die skakel hier bo – veral om die nuwe Sigwoorde blad af te laai.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in vywe en tiene:

Hoofrekene:

Nog hoofrekene:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Leer die-il, -ip en -in woorde, Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte, en vra dat Mamma of Pappa toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Soek nog rymwoorde vir die woordfamilies:

Lees – Sigwoorde. Leer die woorde wat gemerk is. Dit is belangrik dat jy die woorde vinnig kan sĂȘ. Jy kan die woorde uitknip en vra dat Mamma of Pappa hulle vir jou flits. Die sigwoorde is beskikbaar om af te laai onder Resources and Downloads.

Lees: Kan jy die storie al lekker vlot lees? Klank die woorde wat onbekend is. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf ‘n lys van al die werk wat ons vandag doen. Merk af watter take jy reeds voltooi het.

Lewensvaardigheid: Gesels oor hoe jou liggaam beweeg en beantwoord die vrae mondelings – jy hoef niks te skryf nie. Die werkvel is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir kwartaal 1 en 2.

Engels Addisionele Taal: Ons gesels steeds oor die skryfbehoeftes en ander dinge wat ons in die skool gebruik. Herhaal die video ‘n paar keer. Ons gaan die video vir ‘n week lank gebruik, so daag jouself uit om teen die einde daarvan al die woorde en sinne sonder hulp te kan sĂȘ.

Jy het vandag baie mooi gewerk. Jy kan baie trots wees op jouself!

Gaan speel nou lekker!

Dag 29

Vandag is vol lekker uitdagings! Ons gaan in twees tel, groepe maak, op ‘n nuwe manier gelykop deel, aftrek (minus), ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, ‘n luister en praat aktiwiteit doen, woorde bou, sigwoorde en ‘n storie lees, en byskrifte skryf. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Laat ons wegspring!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Daar was tegniese probleme met die Downloads blad gewees, maar die probleem is nou opgelos. Klik op die skakel hier bo – veral om die nuwe Sigwoorde blad af te laai.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in twees:

Groepering:

Deling:

Aftrekking (minus):

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Luister en praat: Luister eers na die storie en beantwoord dan die vrae wat volg.

Klanke – Bou woorde:

Lees – Sigwoorde. Leer die woorde wat gemerk is. Dit is belangrik dat jy die woorde vinnig kan sĂȘ. Jy kan die woorde uitknip en vra dat Mamma of Pappa hulle vir jou flits. Die sigwoorde is beskikbaar om af te laai onder Resources and Downloads.

Lees: Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf byskrifte vir ‘n prent: Teken jouself aan die linkerkant van jou bladsy (dit verhoed dat woorde as spiĂ«elbeelde geskryf word) en skryf dan die byskrifte wat in die eerste prent aangedui is langs elke deel van jou liggaam. Skryf sommer ook ander dele van jou liggaam in as jy wil. Die oorspronklike werkvel is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 1 & 2.

Engels Addisionele Taal: Vandag gaan ons gesels oor die skryfbehoeftes en ander dinge wat ons in die skool gebruik. Herhaal die video ‘n paar keer. Ons gaan die video vir ‘n week lank gebruik, so daag jouself uit om teen die einde daarvan al die woorde en sinne sonder hulp te kan sĂȘ.

Joe, maar jy is sommer baie oulik! Jy het vandag baie goed gedoen.

Gaan speel nou sommer baie lekker!