Dag 44

Vandag gaan ons lekker werk! Ons gaan in twees tel, groepe maak, deel, die pylnotasie metode leer, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde bou, lees, en voorsetsels invul. In Lewensvaardigheid gaan ons ‘n tema wat geassesseer gaan word, hersien. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in twees tot 70:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Groepering en deling: Die getal aan die regterkant van die bladsy dui aan hoeveel sirkels jy moet teken. Die getal aan die linkerkant dui aan watter soort groepe jy moet maak.

Pylnotasie:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Bou woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Vul die korrekte voorsetsels in:

Lewensvaardigheid: Soek die dinge wat gevaarlik is en sê hoe jy dit sal regmaak.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Vandag gaan ons leer oor die dinge wat ons in die slaapkamer kry. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat.

Jy is sommer baie oulik!

Gaan speel nou lekker!

Dag 40

Ons werk hierdie week fokus op hersiening van alles wat ons tot dusver gedurende die tweede kwartaal gedoen het. In Wiskunde gaan ons in vywe en tiene tel, hoofrekene doen, groepeer, en ‘n storiesom uitwerk. Daar is ‘n vinnige klanke toets om te kyk hoe goed jy jou klanke ken, en dan gaan ons lees. Ons gaan ook sinne orden. Vir lewensvaardigheid gaan ons gesels oor die dinge wat ons kan doen om onsself gesond te hou. Dan gaan ons eindig met Engels, waar ons weer ‘n keer kyk na die woorde en sinne wat ons voorheen geleer het. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in vywe en tiene tot 100:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Hoofrekene:

Groepering:

Storiesom:

Klanke – Nuwe woorde: Leer die -og woorde. Vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke toets:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Dink mooi oor waar jy jou stem harder of sagter moet maak. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Ordening:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die dinge wat ons kan doen om onsself gesond te hou. Hierdie is ‘n goeie geleentheid om ook oor voorsorgmaatreëls vir COVID-19 te gesels.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Ons hersien ons vorige woorde en sinne. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat.

Jy het vandag so goed gedoen!

Gaan ontspan en speel nou lekker!

Dag 34

Vandag kan jy weer wys hoe baie jy al geleer het! In die Wiskunde oefentoets gaan jy in twees tel, aftrek, deel en groepe maak. Jy gaan na ‘n storie luister en vrae daaroor beantwoord. In die Klanke oefentoets gaan jy woorde bou, die storie lees, en sinne ontskommel. Ons gaan oor veiligheid gesels in Lewensvaardigheid, en eindig met Engels, waar jy kan spog met hoe goed jy die woorde wat jy oor verskillende soorte kos geleer het, ken. Hier gaan ons!

Die ding van toetse… Lees asseblief die nota hieronder.

Hierdie week sluit ‘n paar oefentoetse in. Die werk in die toetse is gebasseer op wat ons vanaf Dag 1 van die lesse op die webblad gedoen het. Ek beveel nie aan dat enige kind die toetse skryf, tensy hy/sy deeglik voorberei is om die werk te doen nie. Gaan eerder terug na vorige lesse indien jou kind eers onlangs met Kwartaal 2 se werk begin het. Die soek funksie kan ook help as jy na spesifieke onderwerpe wil teruggaan.

Die toetse moet so informeel as moontlik en met so min druk as moontlik gedoen word. Die enigste rede hoekom werk ooit geassesseer moet word, is sodat ons ‘n aanduiding kan hê van waar daar meer hulp benodig word, of waar ‘n konsep nog nie heeltemal vasgelê is nie. So, moenie die antwoorde of hulp buiten die instruksies gee nie, maar gee wel baie aanmoediging aan jou kind. As hy/sy vashaak, moedig hom/haar aan om terug te dink na hoe ons die werk voorheen gedoen het. Die toetse is hier beskikbaar met memo’s indien jy dit wil druk. Indien jy nie toegang tot ‘n printer het nie, kan jy hulle met die hand oorskryf. Die memo’s dui aan hoe die punte toegeken word en waarvoor ‘n onderwyser sal uitkyk.

Wiskunde – Oefentoets 2: Gee een opdrag op ‘n slag, en slegs die volgende een sodra jou kind die vorige afdeling voltooi het.

Luister na die storie en beantwoord die vrae wat volg. Jy hoef nie jou antwoorde te skryf nie – beantwoord dit mondelings.

Klanke – Oefentoets 2:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is, probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is, en meer opgewonde wanneer daar ‘n uitroepteken is.

Skryf – Oefentoets 2:

Lewensvaardigheid: Lees die blad oor veiligheid en sê wat jy daaroor dink. Is hulle veilig? Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid boek vir kwartaal 1 en 2.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Vandag is jou kans om te sien hoe goed jy die woorde wat ons oor verskillende kossoorte geleer het, onthou. Wys na die dinge wat jy in die video hoor.

Sjoe, jy het so goed gedoen vandag! Jy verdien om nou ‘n breuk.

Gaan ontspan en speel nou lekker!

Dag 29

Vandag is vol lekker uitdagings! Ons gaan in twees tel, groepe maak, op ‘n nuwe manier gelykop deel, aftrek (minus), ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, ‘n luister en praat aktiwiteit doen, woorde bou, sigwoorde en ‘n storie lees, en byskrifte skryf. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Laat ons wegspring!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Daar was tegniese probleme met die Downloads blad gewees, maar die probleem is nou opgelos. Klik op die skakel hier bo – veral om die nuwe Sigwoorde blad af te laai.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in twees:

Groepering:

Deling:

Aftrekking (minus):

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Luister en praat: Luister eers na die storie en beantwoord dan die vrae wat volg.

Klanke – Bou woorde:

Lees – Sigwoorde. Leer die woorde wat gemerk is. Dit is belangrik dat jy die woorde vinnig kan sê. Jy kan die woorde uitknip en vra dat Mamma of Pappa hulle vir jou flits. Die sigwoorde is beskikbaar om af te laai onder Resources and Downloads.

Lees: Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf byskrifte vir ‘n prent: Teken jouself aan die linkerkant van jou bladsy (dit verhoed dat woorde as spiëelbeelde geskryf word) en skryf dan die byskrifte wat in die eerste prent aangedui is langs elke deel van jou liggaam. Skryf sommer ook ander dele van jou liggaam in as jy wil. Die oorspronklike werkvel is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 1 & 2.

Engels Addisionele Taal: Vandag gaan ons gesels oor die skryfbehoeftes en ander dinge wat ons in die skool gebruik. Herhaal die video ‘n paar keer. Ons gaan die video vir ‘n week lank gebruik, so daag jouself uit om teen die einde daarvan al die woorde en sinne sonder hulp te kan sê.

Joe, maar jy is sommer baie oulik! Jy het vandag baie goed gedoen.

Gaan speel nou sommer baie lekker!

Dag 24

Vandag gaan ons lekker werk! Ons gaan in twees tel, groepering doen, halveer, aftrek (minus), ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde bou, lees, ontbrekende woorde invul, en noodnommers leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in twees en groepering:

Halvering:

Aftrekking (minus):

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Bou woorde:

Klanke: Leer die -is woorde. Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte, en wanneer jy gereed is, kan Mamma of Pappa hulle vir jou in ‘n toets vra.

Lees: Vandag het ons ‘n splinternuwe storie! Klank die woorde wat onbekend is en kyk of jy verstaan wat in die storie gebeur.

Ontbrekende woorde:

Noodnommers:

Engels Addisionele Taal: Vandag begin ons met die woordeskat vir die woonkamer. Luister eers en sê dan die woorde en sinne saam met die video.

Jy’s seker nou lekker moeg gewerk! Welgedaan vir alles wat jy vandag ingesit het!

Gaan speel nou lekker!