Dag 51

Ons gaan vandag slim dinge leer! Ons gaan in onewe getalle tel, totale en kleingeld bereken, deel met ‘n res, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, rymwoorde in ‘n gediggie soek, lees, en leestekens in ‘n sin skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons gesels oor ons gemeenskappe. Daar is ook skryf en praat aktiwiteite as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in onewe getalle en geld:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Deel met ‘n res:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons het met ‘n nuwe stel klanke begin. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Rymwoorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Leestekens:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die werke wat verskillende mense in ons gemeenskappe doen.

Engels Addisionele Taal – Skryf: Vul die inligting oor jouself in.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.

Sjoe, jy werk so mooi!

Gaan speel nou lekker!

Dag 50

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan in vywe en tiene tel, meer oor pylnotasie leer, antwoorde op die getallelyn bereken, hoofrekene doen, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde ontksommel, lees, en sinne langs die korrekte prente skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons verder gesels oor ons gemeenskappe. Daar is ook skryf en praat aktiwiteite as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in vywe en tiene:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Pylnotasie – Optelling (plus):

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Hoofrekene trein:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons gaan vandag met ‘n nuwe stel klanke begin. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die werke wat verskillende mense in ons gemeenskappe doen.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 49

Ons gaan lekker nuwe werk doen vandag! Ons gaan in twees tel, halveer met ‘n res, die getallelyn gebruik om op te tel (plus), ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde bou, lees, en voornaamwoorde skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons verder gesels oor ons gemeenskappe. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in twees:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Halveer met ‘n res:

Getallelyn – optelling: Laai die getallelyne hier af.

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons gaan vandag met ‘n nuwe stel klanke begin. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Bou woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Voornaamwoorde: Skuus, die opskrif in die foto behoort “Voornaamwoorde” te wees.

Lewensvaardigheid: Gesels oor hoe ons beter na die dinge en plekke in ons gemeenskap kan omsien.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy was wonderlik gewees vandag!

Gaan speel nou lekker!

Dag 48

Ons gaan vandag lekker leer en pret hê! Ons gaan agteruit tel, kombinasies van 9 aanpak, getalname skryf, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, eindklanke invul, lees, en ‘n sin skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons verder gesels oor ons gemeenskappe. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Op jou merke, gereed, gaan!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel agteruit:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Kombinasies van 9 en getalname:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons gaan môre met ‘n nuwe stel klanke begin. Laai dit gerus solank hier af.

Klanke – Vul die eindklanke in:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Ons het ‘n splinternuwe storie vandag! Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf ‘n sin:

Lewensvaardigheid: Teken ‘n mooi prent van hoe jy een soort publieke vervoer gebruik – ‘n bus, taxi of trein.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.

Kyk nou net hoe slim is jy! Mooi so!

Gaan speel nou lekker!

Dag 46

Vandag gaan ons lekker nuwe werk doen! Ons gaan in onewe getalle tel, totale en kleingeld bereken, oor simmetrie leer, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, rymwoorde in ‘n gedig soek, lees, en sinne met die korrekte leestekens oorskryf. In Lewensvaardigheid gaan ons gesels oor die plekke wat ons in ons gemeenskappe kry. Daar is ook skryf en praat aktiwiteite as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin sommer dadelik!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in onewe getalle van 1 tot 71:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Geld:

Storiesom:

Simmetrie:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Leer die -ug en -us woorde, Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte, en vra dat Mamma of Pappa toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Rymwoorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Hoofletters en leestekens:

Lewensvaardigheid: Gesels oor hoe ons die plekke in ons kan oppas.

Engels Addisionele Taal – Skryf:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer nogsteeds oor die dinge wat ons in die slaapkamer kry. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat. Hoeveel van die sinne kan jy sonder die klank op jou eie sê?

Jy is sommer wonderlik!

Gaan speel nou lekker!

Dag 45

Ons het vandag sommer baie lekker werk! Ons gaan in vywe en tiene tel, getalle rangskik, hoofrekene doen, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde ontskommel, lees, en sinne orden. In Lewensvaardigheid gaan ons gesels oor die plekke wat ons in ons gemeenskappe kry. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in vywe en tiene tot 100: In tiene kan jy sommer agteruit ook tel tot by nul.

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Rangskik getalle:

Hoofrekene trein:

Nog hoofrekene:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Ontskommel die woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Orden die sinne in die storie en teken gepasde prente vir elke sin:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die plekke in ons gemeenskappe.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer nogsteeds oor die dinge wat ons in die slaapkamer kry. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat. Hoeveel van die sinne kan jy sonder die klank op jou eie sê?

Baie mooi! Jy het goed gedoen!

Gaan speel nou lekker!