Dag 94

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan tel, ‘n storiesom uitwerk, geldsomme doen, 2D vorms hersien, handskrif oefen, rymwoorde soek, lees, en sinne met die korrekte leestekens skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor huise leer. Daar is ook ‘n klankaktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Geld: Onthou om al die antwoorde in die R4,00 formaat te skryf – selfs al wys die werkvel dit nie so nie. Die werkvel is uit die Departement van Basiese Onderrig se Werkboek 2 geneem.

2D Vorms: Die werkvelle is uit die Departement van Basiese Onderrig se Werkboek 2 geneem.

Tel, storiesom en Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons leer nuwe klanke. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Rymwoorde en Leestekens:

Lewensvaardigheid – Huise: Teken twee verskillende soorte huise. Hierdie blad is uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4 geneem.

Engels Addisionele Taal – Klanke: Ons leer Engelse klanke. Gesels saam en probeer om teen die einde van die week die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 90

Ons gaan vandag slim dinge leer! Ons gaan getalle orden, ‘n storiesom uitwerk, totale en kleingeld bereken, gesels oor 2D vorms, handskrif oefen, rymwoorde soek, lees, en ‘n sin met die korrekte leestekens skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor kos leer. Daar is ook ‘n klankaktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Orden getalle en storiesom:

Geld – Totale en kleingeld: Die werkvelle is geneem uit die Departement vir Basiese Onderwys se werkboek 2.

Ruimte en vorm – 2D vorms:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak bo en onder aan die lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons leer nuwe klanke. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Rymwoorde:

Leestekens: Vandag is daar slegs ‘n paar leidrade gegee. Kyk of jy al die regte woorde met hoofletters kan skryf.

Lewensvaardigheid – Kos: Daar is verskillende maniere hoe ons kos vars kan hou. Gesels daaroor en skryf dan die verskillende metodes vir elk van die kossoorte onderaan die bladsy. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Klanke: Ons leer Engelse klanke. Gesels saam en probeer om teen die einde van die week die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Sjoe, jy werk so mooi!

Gaan speel nou lekker!

Dag 37

Vandag doen ons die laaste van ons oefentoetse! In die Wiskunde oefentoets gaan jy geometriese patrone uitbrei, 2D en 3D vorms benoem, jou begrip van die woordeskat wat met posisie gepaard gaan demonstreer, jou kennis van meting uitoefen, en vrae oor ‘n grafiek beantwoord. In die Klanke oefentoets gaan jy woorde skryf, en dan hierdie week se storie lees. Daar is ook ‘n begripstoets. Jy gaan sinne skryf, en dan gaan ons eindig met Engels, waar jy kan spog met hoe goed jy die woorde wat jy oor die klaskamer geleer het, ken. Kan jy dit doen? Ja, jy kan!

Die ding van toetse… Lees asseblief die nota hieronder.

Hierdie week sluit ‘n paar oefentoetse in. Die werk in die toetse is gebasseer op wat ons vanaf Dag 1 van die lesse op die webblad gedoen het. Ek beveel nie aan dat enige kind die toetse skryf, tensy hy/sy deeglik voorberei is om die werk te doen nie. Gaan eerder terug na vorige lesse indien jou kind eers onlangs met Kwartaal 2 se werk begin het. Die soek funksie kan ook help as jy na spesifieke onderwerpe wil teruggaan.

Die toetse moet so informeel as moontlik en met so min druk as moontlik gedoen word. Die enigste rede hoekom werk ooit geassesseer moet word, is sodat ons ‘n aanduiding kan hê van waar daar meer hulp benodig word, of waar ‘n konsep nog nie heeltemal vasgelê is nie. So, moenie die antwoorde of hulp buiten die instruksies gee nie, maar gee wel baie aanmoediging aan jou kind. As hy/sy vashaak, moedig hom/haar aan om terug te dink na hoe ons die werk voorheen gedoen het. Die toetse is hier beskikbaar met memo’s indien jy dit wil druk. Indien jy nie toegang tot ‘n printer het nie, kan jy hulle met die hand oorskryf. Die memo’s dui aan hoe die punte toegeken word en waarvoor ‘n onderwyser sal uitkyk.

Wiskunde – Oefentoets 5: Gee een opdrag op ‘n slag, en slegs die volgende een sodra jou kind die vorige afdeling voltooi het.

Klanke – Oefentoets 5:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is, en meer opgewonde wanneer daar ‘n uitroepteken is.

Begripstoets:

Skryf – Oefentoets 5:

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Vandag is jou kans om te sien hoe goed jy die woorde wat ons oor die klaskamer geleer het, onthou. Wys na die dinge wat jy in die video hoor.

Jy het dit gedoen! Goeie werk!

Gaan ontspan en speel nou lekker!

Dag 26

Vandag gaan ons lekker besig wees! Ons gaan in tiene agteruit tel, getalle orden, met geld werk, verdubbel, 2D vorms se name skryf, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, eindklanke skryf, lees, byskrifte by prente pas, en noodnommers leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel agteruit in tiene en orden getalle:

2D vorms:

Verdubbel:

Geld: Kyk of jy die name van al die munte en note kan sê.

Bereken totale:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Eindklanke:

Lees: Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem ‘n bietjie harder en meer opgewonde moet klink wanneer daar ‘n uitroepteken is.

Skryf byskrifte:

Noodnommers: Leer die nommers en probeer om hulle te sê sonder om te kyk.

Engels Addisionele Taal: Ons is besig met die woordeskat vir die woonkamer. Probeer om die woorde en sinne sonder die klank te sê en kyk hoeveel jy reg kan kry.

Jy is sommer baie oulik! Baie mooi!

Gaan doen nou iets lekkers!