Dag 69

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan in vywe en tiene tel, ‘n storiesom uitwerk, meer oor pylnotasie leer, hoofrekene doen, antwoorde op die getallelyn bereken, handskrif oefen, woorde ontksommel, lees, en sinne oor prente skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor maniere en verantwoordelikhede leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel in vywe en tiene, storiesom en pylnotasie:

Hoofrekene:

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Handskrif en Klanke – Geskommelde woorde: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente: Gesels eers oor wat jy in elk van die prente sien en besluit wat jy wil skryf. Jy hoef slegs een sin vir elke prent te skryf. Jy kan van die woorde wat verskaf is gebruik, maar voeg ook jou eie woorde by deur hulle uit te klank en te skryf.

Lewensvaardigheid – Maniere en verantwoordelikhede: Dink mooi na oor watter prente by elk van die sinne pas. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week oor troeteldiere. Gesels saam en probeer om teen die einde van die week die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 68

Ons gaan vandag lekker werk doen! Ons gaan in twees tel, ‘n storiesom uitwerk, halveer met ‘n res, die getallelyn gebruik om op te tel (plus), handskrif oefen, woorde bou, lees, en voornaamwoorde skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor maniere en verantwoordelikhede leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel agteruit, storiesom en halveer met ‘n res:

Getallelyn – optelling: Laai die getallelyne hier af.

Handskrif en Klanke – Bou woorde: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en eindig, en raak aan bo en onder aan die lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Laai die nuwe lys gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Leer al die woorde, maar fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Voornaamwoorde:

Lewensvaardigheid – Maniere en verantwoordelikhede: Gesels oor goeie en slegte maniere. Kyk na die prente en lees die sinne. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week oor troeteldiere. Gesels saam en probeer om teen die einde van die week die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy was wonderlik gewees vandag!

Gaan speel nou lekker!

Dag 67

Ons gaan vandag lekker leer en pret hê! Ons gaan agteruit tel, ‘n storiesom uitwerk, getalname skryf, getalle opbreek in tiene en ene, handskrif oefen, ontbrekende klanke invul, lees, en ‘n sin skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor maniere en verantwoordelikhede leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Op jou merke, gereed, gaan!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: ‘n Tweede blad is bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel agteruit, storiesom en getalname:

Getalle opbreek in tiene en ene:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak bo en onder aan die lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons leer verder aan ons nuwe klanke. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Ontbrekende klanke:

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Ons het ‘n splinternuwe storie vandag! Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf ‘n sin:

Lewensvaardigheid – Manier en verantwoordelikhede: Gesels oor die maniere wat ons in ons daaglikse lewens gebruik. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer vir oulaas die woorde en sinne wat ons gebruik wanneer ons iets by die winkel wil koop. Jy kan winkel-winkel met iemand speel en hierdie woordeskat gebruik. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Kyk nou net hoe slim is jy! Mooi so!

Gaan speel nou lekker!

Dag 66

Vandag is propvol pret! Ons gaan geometriese patrone uitbrei, meer leer oor simmetrie, lengte meet, vrae oor ‘n grafiek beantwoord, ‘n klanktoets skryf, en ‘n begripstoets doen. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Geometriese patrone en meting van lengte:

Simmetrie: Gebruik jou potlood om die lyne van simmetrie te trek. Ons sal later met ‘n liniaal werk, maar vir nou doen ons dit stadig met die vrye hand.

Data hantering:

Klanktoets:

Lees – Begripstoets:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week die woorde en sinne wat ons gebruik wanneer ons iets by die winkel wil koop. Jy kan winkel-winkel met iemand speel en hierdie woordeskat gebruik. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy’s ‘n ster!

Gaan speel nou lekker!

Dag 65

Ons gaan vandag slim dinge leer! Ons gaan in onewe getalle tel, ‘n storiesom uitwerk, totale en kleingeld bereken, deel met ‘n res, handskrif oefen, rymwoorde soek, lees, en leestekens vir ‘n sin skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor troeteldiere gesels. Daar is ook skryf en praat aktiwiteite as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel in onewe getalle, storiesom en geld:

Kleingeld en deel met ‘n res:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons kyk na ons nuwe klanke. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Rymwoorde:

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Leestekens:

Lewensvaardigheid – Troeteldiere: Verbeel jou dat hierdie dinge met jou gebeur. Hoe sal jy voel? Wat sal jy sê? Jy kan vir Mamma of Pappa, boetie of sussie vertel en dit rolspeel. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week die woorde en sinne wat ons gebruik wanneer ons iets by die winkel wil koop. Jy kan winkel-winkel met iemand speel en hierdie woordeskat gebruik. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Sjoe, jy werk so mooi!

Gaan speel nou lekker!

Dag 64

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan in vywe en tiene tel, ‘n storiesom uitwerk, meer oor pylnotasie leer, hoofrekene doen, antwoorde op die getallelyn bereken, handskrif oefen, woorde ontksommel, lees, en sinne orden. In Lewensvaardigheid gaan ons oor troeteldiere leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel in vywe en tiene, en storiesom:

Pylnotasie (plus) en hoofrekene:

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente:

Lewensvaardigheid – Troeteldiere: Dink mooi wat troeteldiere nodig het, waar hulle slaap en wat ons hul babas noem. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week die woorde en sinne wat ons gebruik wanneer ons iets by die winkel wil koop. Jy kan winkel-winkel met iemand speel en hierdie woordeskat gebruik. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Dag 63

Ons gaan vandag lekker nuwe werk doen! Ons gaan in twees tel, ‘n storiesom uitwerk, halveer met ‘n res, die getallelyn gebruik om op te tel (plus), handskrif oefen, woorde bou, lees, en voornaamwoorde skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor troeteldiere leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel agteruit, storiesom en halveer met ‘n res:

Getallelyn – optelling: Laai die getallelyne hier af.

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en eindig, en raak aan bo en onder aan die lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Laai die nuwe lys gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Bou woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer al die woorde, maar fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Voornaamwoorde:

Lewensvaardigheid – Troeteldiere: Teken ‘n mooi groot prent van ‘n dier wat jy as ‘n troeteldier sal wil hê. Gebruik jou verbeelding! Kyk dan hoeveel van die aktiwiteite jy kan doen. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week die woorde en sinne wat ons gebruik wanneer ons iets by die winkel wil koop. Jy kan winkel-winkel met iemand speel en hierdie woordeskat gebruik. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy was wonderlik gewees vandag!

Gaan speel nou lekker!

Dag 62

Ons gaan vandag lekker leer en pret hê! Ons gaan agteruit tel, kombinasies van 10 aanpak, getalname skryf, optel (plus) met pylnotasie, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, ontbrekende klanke invul, lees, en ‘n sin skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor troeteldiere leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Op jou merke, gereed, gaan!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel agteruit en kombinasies van 10:

Getalname en pylnotasie:

Handskrif en Klanke – Ontbrekende klanke: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak bo en onder aan die lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons leer verder aan ons nuwe klanke. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Ons het ‘n splinternuwe storie vandag! Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf ‘n sin:

Lewensvaardigheid – Troeteldiere: Gesels oor die verskillende diere wat ons troeteldiere kan wees. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week die woorde en sinne wat ons gebruik wanneer ons iets by die winkel wil koop. Jy kan winkel-winkel met iemand speel en hierdie woordeskat gebruik. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Kyk nou net hoe slim is jy! Mooi so!

Gaan speel nou lekker!

Dag 61

Vandag is propvol pret! Ons gaan meer leer oor simmetrie, vrae oor ‘n grafiek beantwoord, en ‘n begripstoets doen. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Simmetrie: Gebruik jou potlood om die lyne van simmetrie te trek. Ons sal later met ‘n liniaal werk, maar vir nou doen ons dit stadig met die vrye hand.

Data hantering:

Lees – Begripstoets:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy’s ‘n ster!

Gaan speel nou lekker!