‘n Nota van Lisa

Hallo!

Die afgelope vyf maande is soos geen ander tyd in ons lewens nie. Dit was dikwels meer uitdagend as wat ons ooit kon dink, maar dit het ook nuwe maniere om probleme op te los na vore gebring – dit was beslis die geval vir my.

Leesamee Education is geskep omdat ek die werk waarmee my Graad 1’s gedurende die grendeltydperk besig was met ouers dwarsoor Suid-Afrika wou deel. Dit het begin met die tweede kwartaal se werk op Dag 1 en môre trek ons al by Dag 100 (kan jy glo??), wat die einde van die derde kwartaal se werk is (wel, ons het hier en daar ‘n bietjie van die vierde kwartaal se werk ook ingegooi).

Meeste Graad 1’s in Suid-Afrika keer op 24 Augustus (uiteindelik) terug skool toe en dit is ook die geval met ons klasse. Daar was versoeke dat ons sal voortgaan om werk hier te deel en ek het dit oorweeg, maar ek voel dat ek my eie Graad 1’s ‘n onreg sou aandoen indien ek voortgaan.

So, dit is nou amptelik – Dag 100 sal die laaste nuwe werk wees wat op die webwerf geplaas sal word vir nou. Teken asseblief in (“subscribe”) sodat jy ingelig kan word sou ons vorentoe weer werk hier deel.

Dankie aan elkeen van julle wat die webwerf besoek het en van die inhoud gebruik gemaak het. Dit was soveel pret om dit waarmee ons besig was met julle te deel. Ek is ‘n baie groot dankie aan my wonderlike kollega, Jolindie, wat al die Afrikaanse inhoud verskaf het, verskuldig. Ek is baie dankbaar.

As jy die webwerf nuttig gevind het, sal ons graag van jou wil hoor, so laat asseblief vir ons kommentaar.

Tot ons weer ontmoet.

Lisa

2 thoughts on “‘n Nota van Lisa

  1. julle was sooooo awesome, ek het elke les met my dogter gedoen en dit was so oulik, my seun is gr r, SAL AL DIE LESSE STEEDS HIER BESKIKBAAR WEES? wil graag as hersiening met hom kan doen volgende jaar,

    duisende duisende dankies!!!!

    Like

    1. Hi Tanya
      Baie dankie! Dit is so ‘n groot plesier. Ek is so bly dat ons kon help. Alles gaan net hier bly, so jy sal die inhoud definitief in die toekoms kan gebruik. Mooibly! Lisa

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s