Dag 96

Ons gaan hierdie week – Dag 96 tot Dag 100 – gebruik om oefentoetse te doen om te sien hoe goed ons kinders die werk verstaan, en om die areas waar hulle nog hulp benodig tot die lig te bring. Elke dag gaan bestaan uit die volgende drie formele aktiwiteite: Wiskunde, klanke en skryf. Bo en behalwe hierdie sal lees, die woorde in ons klanklyste, Lewensvaardigheid en Engels Addisionele Taal se aktiwiteite soos gewoon voortgaan. Kom ons begin sommer dadelik!

Die ding van toetse… Lees asseblief die nota hieronder.

Die werk in die toetse is gebasseer op wat ons vanaf die begin van die derde kwartaal gedoen het. Ek beveel nie aan dat enige kind die toetse skryf, tensy hy/sy deeglik voorberei is om die werk te doen nie. Gaan eerder terug na vorige lesse indien jou kind eers onlangs met Kwartaal 3 se werk begin het. Die soek funksie kan ook help as jy na spesifieke onderwerpe wil teruggaan.

Die toetse moet so informeel as moontlik en met so min druk as moontlik gedoen word. Die enigste rede hoekom werk ooit geassesseer moet word, is sodat ons ‘n aanduiding kan kry van waar daar meer hulp benodig word, of waar ‘n konsep nog nie heeltemal vasgelê is nie. So, moenie die antwoorde of hulp buiten die instruksies gee nie, maar gee wel baie aanmoediging aan jou kind. As hy/sy vashaak, moedig hom/haar aan om terug te dink na hoe ons die werk voorheen gedoen het. Indien jy nie toegang tot ‘n printer het nie, kan jy dit met die hand oorskryf. Die memo’s dui aan hoe die punte toegeken word en waarvoor ‘n onderwyser sal uitkyk.

wiskunde

Klanke

skryf

Klanke

Ons leer nuwe klanke. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

sigwoorde

Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees

Klank onbekende woorde en probeer om elke dag vlotter te lees.

lewensvaardigheid

Engels Addisionele taal

Ons leer Engelse klanke. Gesels saam en probeer om die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het vandag ongelooflik goeie werk gedoen en kan baie trots wees op jouself! Welgedaan!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s