Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan tel, ‘n storiesom uitwerk, geldsomme doen, 2D vorms hersien, handskrif oefen, rymwoorde soek, lees, en sinne met die korrekte leestekens skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor huise leer. Daar is ook ‘n klankaktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.


Geld: Onthou om al die antwoorde in die R4,00 formaat te skryf – selfs al wys die werkvel dit nie so nie. Die werkvel is uit die Departement van Basiese Onderrig se Werkboek 2 geneem.

2D Vorms: Die werkvelle is uit die Departement van Basiese Onderrig se Werkboek 2 geneem.


Tel, storiesom en Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons leer nuwe klanke. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Rymwoorde en Leestekens:

Lewensvaardigheid – Huise: Teken twee verskillende soorte huise. Hierdie blad is uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4 geneem.

Engels Addisionele Taal – Klanke: Ons leer Engelse klanke. Gesels saam en probeer om teen die einde van die week die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het so mooi gewerk vandag! Hou so voort!
Gaan speel nou lekker!