Dag 82

Ons gaan vandag lekker leer en pret hê! Ons gaan tel, ‘n storiesom uitwerk, getalname skryf, getalle opbreek in tiene en ene, handskrif oefen, ontbrekende klanke invul, lees, en ‘n sin skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor kos leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Op jou merke, gereed, gaan!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: ‘n Tweede blad is bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel, storiesom en getalname:

Getalle opbreek en Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak bo en onder aan die lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Vul klanke in:

Klanke – Nuwe woorde: Ons hersien hierdie week van ons nuwe klanke. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Ons het ‘n splinternuwe storie vandag! Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf ‘n sin:

Lewensvaardigheid – Kos: Skryf die name vir elke soort kos en maak dan ‘n lys van kos waarvan jy hou en nie hou nie. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week oor wilde diere. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Kyk nou net hoe slim is jy! Mooi so!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s