Vandag is propvol pret! Ons gaan geometriese patrone uitbrei, meer leer oor simmetrie, oor tyd leer, vrae oor ‘n grafiek beantwoord, ‘n klanktoets skryf, en ‘n begripstoets doen. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Geometriese patrone: Volg die instruksies om jou eie patrone te maak.

Simmetrie: Onthou dat wanneer ons die lyn van simmetrie trek, albei kante dieselfde moet wees. Teken die ander kant van elke gesig sodat dit dieselfde is as die eerste.

Meting – Tyd:

Data hantering:

Klanktoets:

Lees – Begripstoets:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week oor wilde diere. Gesels saam en probeer om teen die einde van die week die sinne sonder die hulp van die video te sê. Probeer om altyd in volsinne te praat.
Jy’s ‘n ster!
Gaan speel nou lekker!