Dag 64

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan in vywe en tiene tel, ‘n storiesom uitwerk, meer oor pylnotasie leer, hoofrekene doen, antwoorde op die getallelyn bereken, handskrif oefen, woorde ontksommel, lees, en sinne orden. In Lewensvaardigheid gaan ons oor troeteldiere leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Tel in vywe en tiene, en storiesom:

Pylnotasie (plus) en hoofrekene:

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees – Sigwoorde: Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente:

Lewensvaardigheid – Troeteldiere: Dink mooi wat troeteldiere nodig het, waar hulle slaap en wat ons hul babas noem. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week die woorde en sinne wat ons gebruik wanneer ons iets by die winkel wil koop. Jy kan winkel-winkel met iemand speel en hierdie woordeskat gebruik. Probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy het so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s