Ons gaan vandag lekker nuwe werk doen! Ons gaan in twees tel, ‘n storiesom uitwerk, halveer met ‘n res, die getallelyn gebruik om op te tel (plus), handskrif oefen, woorde bou, lees, en voornaamwoorde skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons oor troeteldiere leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hier gaan ons!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Wiskunde metodes: Daar is ‘n tweede blad bygevoeg. Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.


Tel agteruit, storiesom en halveer met ‘n res:

Getallelyn – optelling: Laai die getallelyne hier af.

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en eindig, en raak aan bo en onder aan die lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Laai die nuwe lys gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Bou woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer al die woorde, maar fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Voornaamwoorde:

Lewensvaardigheid – Troeteldiere: Teken ‘n mooi groot prent van ‘n dier wat jy as ‘n troeteldier sal wil hê. Gebruik jou verbeelding! Kyk dan hoeveel van die aktiwiteite jy kan doen. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 3 en 4.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer hierdie week die woorde en sinne wat ons gebruik wanneer ons iets by die winkel wil koop. Jy kan winkel-winkel met iemand speel en hierdie woordeskat gebruik. Probeer om altyd in volsinne te praat.
Jy was wonderlik gewees vandag!
Gaan speel nou lekker!