Dag 50

Ons gaan vandag lekker uitdagings aanpak! Ons gaan in vywe en tiene tel, meer oor pylnotasie leer, antwoorde op die getallelyn bereken, hoofrekene doen, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde ontksommel, lees, en sinne langs die korrekte prente skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons verder gesels oor ons gemeenskappe. Daar is ook skryf en praat aktiwiteite as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel in vywe en tiene:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Pylnotasie – Optelling (plus):

Getallelyn – Aftrekking (minus): Laai die getallelyne hier af.

Hoofrekene trein:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Ons gaan vandag met ‘n nuwe stel klanke begin. Laai dit gerus hier af. Jy hoef nie die sinne te skryf of leer nie – hulle is daar om jou te help om te verstaan wat die woorde beteken. Leer slegs die woorde in die blokke aan die linkerkant. Klank hulle uit en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Pas sinne by prente:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die werke wat verskillende mense in ons gemeenskappe doen.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Daar is twee video’s vandag – een oor groente en die ander oor vrugte. Gesels lekker saam en probeer om altyd in volsinne te praat.

Jy so mooi gewerk vandag! Hou so voort!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s