Vandag is vol lekker aktiwiteite. In Wiskunde gaan jy geometriese patrone uitbrei, 3D vorms verder bestudeer, lengte meet, en vrae beantwoord oor ‘n grafiek. Daar is ‘n vinnige klanktoets, ‘n begripstoets, en dan gaan jy ‘n kaartjie maak. Dan gaan ons eindig met Engels, waar ons vir oulaas kyk na hierdie week se video. Is jy gereed? Kom ons spring weg!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Geometriese patrone:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

3D vorms: Gebruik die woorde om die sinne te voltooi.

Meting van lengte: Rangskik die lyne volgens die instruksies.

Data hantering:

Klanke – Nuwe woorde: Leer die -uk en -ul woorde, Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte, en vra dat Mamma of Pappa toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke toets: Vra vir Mamma of Pappa om hierdie woorde vir jou in ‘n toets te vra.

Begripstoets: Lees die storie twee of drie maal en beantwoord dan die vrae wat volg. As jy nie weet wat ‘n antwoord is nie, moet jy weer gaan lees en dit in die storie vind.

Skryf – maak ‘n kaartjie:


Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer vir oulaas oor die dinge wat ons in die slaapkamer kry. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat. Skakel die klank van die begin af heeltemal af.
Joe, jy is sommer baie slim!
Gaan ontspan en speel nou lekker!