Vandag gaan ons lekker nuwe werk doen! Ons gaan in onewe getalle tel, totale en kleingeld bereken, oor simmetrie leer, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, rymwoorde in ‘n gedig soek, lees, en sinne met die korrekte leestekens oorskryf. In Lewensvaardigheid gaan ons gesels oor die plekke wat ons in ons gemeenskappe kry. Daar is ook skryf en praat aktiwiteite as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin sommer dadelik!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Tel in onewe getalle van 1 tot 71:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Geld:

Storiesom:

Simmetrie:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Leer die -ug en -us woorde, Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte, en vra dat Mamma of Pappa toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Rymwoorde:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf – Hoofletters en leestekens:


Lewensvaardigheid: Gesels oor hoe ons die plekke in ons kan oppas.

Engels Addisionele Taal – Skryf:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons leer nogsteeds oor die dinge wat ons in die slaapkamer kry. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat. Hoeveel van die sinne kan jy sonder die klank op jou eie sê?
Jy is sommer wonderlik!
Gaan speel nou lekker!