Dag 43

Vandag is daar baie geleenthede om te wys hoe slim jy is en hoeveel jy alreeds geleer het! Ons gaan vorentoe en agteruit tel, kombinasies van 8 aanpak, getalname skryf, herhaalde optelling doen, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, middelklanke invul, lees, en ‘n sin skryf. In Lewensvaardigheid gaan ons ‘n tema wat geassesseer gaan word, hersien. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Op jou merke, gereed, gaan!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Tel tot 70 en agteruit:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Kombinasies van 8:

Getalname:

Herhaalde optelling:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Leer die -ut en -uf woorde, Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte, en vra dat Mamma of Pappa toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Vul die middelklanke in:

Lees – Sigwoorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Ons het ‘n splinternuwe storie vandag! Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem harder moet klink as daar ‘n uitroepteken is, en soos ‘n vraag wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf ‘n sin:

Lewensvaardigheid: Ons gaan van hierdie geleentheid gebruik maak om ‘n tema te hersien wat geassesseer gaan word. Gesels oor hierdie dinge.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Vandag gaan ons leer oor die dinge wat ons in die slaapkamer kry. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat.

Kyk nou net hoe slim jy is en hoeveel jy al geleer het! Mooi so!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s