Vandag is vol lekker hersieningsaktiwiteite. In Wiskunde gaan jy geometriese patrone uitbrei, skryf hoe 3D vorms beweeg, wys wat jy in meting geleer het, en vrae beantwoord oor ‘n grafiek. Daar is ‘n begripstoets, en dan gaan jy ‘n lys skryf. Vir lewensvaardigheid gaan jy gesels oor wat ons behandel het en wat jy kan doen. Dan gaan ons eindig met Engels, waar ons weer ‘n keer kyk na die woorde en sinne wat ons voorheen geleer het. Is jy gereed? Laat ons wegspring!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Geometriese patrone en 3D vorms:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Meting van inhoud:

Data hantering:

Begripstoets: Lees die storie twee of drie maal en beantwoord dan die vrae wat volg. As jy nie weet wat ‘n antwoord is nie, moet jy weer gaan lees en dit in die storie vind.


Skryf ‘n lys:

Lewensvaardigheid: Gesels oor alles wat jy reeds geleer het en wat jy als kan doen.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Ons hersien ons vorige woorde en sinne. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat.
Jy is ‘n superster!
Gaan ontspan en speel nou lekker!