Gedurende hierdie week hersien ons die werk wat ons tot dusver gedurende die tweede kwartaal gedoen het. In Wiskunde gaan ons in twees tel, halveer, aftrek (minus), deel, en ‘n storiesom uitwerk. Daar is ‘n vinnige klanke toets om te kyk hoe goed jy jou klanke ken, en dan gaan ons lees. Ons gaan ook ‘n sin ontskommel. Vir lewensvaardigheid gaan ons gesels oor die dinge wat ons kan doen om onsself gesond te hou. Dan gaan ons eindig met Engels, waar ons weer ‘n keer kyk na die woorde wat ons oor die badkamer geleer het. Kom ons begin!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Tel in twees tot 60:

Wiskunde metodes: Hierdie is ‘n nuttige opsomming om byderhand te hou vir hoe elke soort som bereken word. Wiskunde is een van die vakke waar jy altyd sal moet wys hoe jy jou antwoorde bereken het, of jy nou in Graad 1 of op universiteit is, so maak altyd seker dat jy al die stappe vir elke soort som volg. Laat altyd een lyntjie oop voordat jy met ‘n nuwe som begin, soos aangedui deur die groen kruisies.

Halveer en aftrek:

Deel:

Storiesom:

Klanke toets:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Fokus veral op die nuwe woorde. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Dink mooi oor waar jy jou stem harder of sagter moet maak. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Ontskommel die sin:

Lewensvaardigheid: Gesels oor die dinge wat ons kan doen om onsself gesond te hou. Hierdie is ‘n goeie geleentheid om ook oor voorsorgmaatreëls vir COVID-19 te gesels.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Ons hersien ons vorige woorde en sinne. Probeer jou bes om altyd in volsinne te praat.
Dit was baie goed! Mooi so!
Gaan ontspan en speel nou lekker!