Dag 37

Vandag doen ons die laaste van ons oefentoetse! In die Wiskunde oefentoets gaan jy geometriese patrone uitbrei, 2D en 3D vorms benoem, jou begrip van die woordeskat wat met posisie gepaard gaan demonstreer, jou kennis van meting uitoefen, en vrae oor ‘n grafiek beantwoord. In die Klanke oefentoets gaan jy woorde skryf, en dan hierdie week se storie lees. Daar is ook ‘n begripstoets. Jy gaan sinne skryf, en dan gaan ons eindig met Engels, waar jy kan spog met hoe goed jy die woorde wat jy oor die klaskamer geleer het, ken. Kan jy dit doen? Ja, jy kan!

Die ding van toetse… Lees asseblief die nota hieronder.

Hierdie week sluit ‘n paar oefentoetse in. Die werk in die toetse is gebasseer op wat ons vanaf Dag 1 van die lesse op die webblad gedoen het. Ek beveel nie aan dat enige kind die toetse skryf, tensy hy/sy deeglik voorberei is om die werk te doen nie. Gaan eerder terug na vorige lesse indien jou kind eers onlangs met Kwartaal 2 se werk begin het. Die soek funksie kan ook help as jy na spesifieke onderwerpe wil teruggaan.

Die toetse moet so informeel as moontlik en met so min druk as moontlik gedoen word. Die enigste rede hoekom werk ooit geassesseer moet word, is sodat ons ‘n aanduiding kan hê van waar daar meer hulp benodig word, of waar ‘n konsep nog nie heeltemal vasgelê is nie. So, moenie die antwoorde of hulp buiten die instruksies gee nie, maar gee wel baie aanmoediging aan jou kind. As hy/sy vashaak, moedig hom/haar aan om terug te dink na hoe ons die werk voorheen gedoen het. Die toetse is hier beskikbaar met memo’s indien jy dit wil druk. Indien jy nie toegang tot ‘n printer het nie, kan jy hulle met die hand oorskryf. Die memo’s dui aan hoe die punte toegeken word en waarvoor ‘n onderwyser sal uitkyk.

Wiskunde – Oefentoets 5: Gee een opdrag op ‘n slag, en slegs die volgende een sodra jou kind die vorige afdeling voltooi het.

Klanke – Oefentoets 5:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is, en meer opgewonde wanneer daar ‘n uitroepteken is.

Begripstoets:

Skryf – Oefentoets 5:

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Vandag is jou kans om te sien hoe goed jy die woorde wat ons oor die klaskamer geleer het, onthou. Wys na die dinge wat jy in die video hoor.

Jy het dit gedoen! Goeie werk!

Gaan ontspan en speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s