Dag 35

Vandag is nog ‘n dag vol opwindende oefen-assesserings! In die Wiskunde oefentoets gaan jy in vywe en tiene tel, halveer, en hoofrekene doen. In die Klanke oefentoets gaan jy spog met jou vaardighede rondom woordfamilies, en dan hierdie week se storie lees. Jy gaan ook ‘n lys skryf van al die dinge wat ons by die skool gebruik. In Lewensvaardigheid gaan ons dink oor hoe ons onsself veilig kan hou en gesels oor goeie en slegte gevoelens, en eindig met Engels, waar jy kan spog met hoe goed jy die woorde wat jy oor die badkamer geleer het, ken. Een, twee, drie, kom ons begin!

Die ding van toetse… Lees asseblief die nota hieronder.

Hierdie week sluit ‘n paar oefentoetse in. Die werk in die toetse is gebasseer op wat ons vanaf Dag 1 van die lesse op die webblad gedoen het. Ek beveel nie aan dat enige kind die toetse skryf, tensy hy/sy deeglik voorberei is om die werk te doen nie. Gaan eerder terug na vorige lesse indien jou kind eers onlangs met Kwartaal 2 se werk begin het. Die soek funksie kan ook help as jy na spesifieke onderwerpe wil teruggaan.

Die toetse moet so informeel as moontlik en met so min druk as moontlik gedoen word. Die enigste rede hoekom werk ooit geassesseer moet word, is sodat ons ‘n aanduiding kan hê van waar daar meer hulp benodig word, of waar ‘n konsep nog nie heeltemal vasgelê is nie. So, moenie die antwoorde of hulp buiten die instruksies gee nie, maar gee wel baie aanmoediging aan jou kind. As hy/sy vashaak, moedig hom/haar aan om terug te dink na hoe ons die werk voorheen gedoen het. Die toetse is hier beskikbaar met memo’s indien jy dit wil druk. Indien jy nie toegang tot ‘n printer het nie, kan jy hulle met die hand oorskryf. Die memo’s dui aan hoe die punte toegeken word en waarvoor ‘n onderwyser sal uitkyk.

Wiskunde – Oefentoets 3: Gee een opdrag op ‘n slag, en slegs die volgende een sodra jou kind die vorige afdeling voltooi het.

Klanke – Oefentoets 3:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is, en meer opgewonde wanneer daar ‘n uitroepteken is.

Skryf – Oefentoets 3:

Lewensvaardigheid: Spandeer tyd daaraan om met u kind oor hierdie belangrike onderwerp te gesels. Dit is belangrik dat hulle weet dat hulle, asook hulle liggame spesiaal is. Niemand mag aan hulle raak of vat nie, veral nie as hulle nee gesê het nie. Hierdie blad handel oor wanneer iemand se aanraking reg voel (‘n ja gevoel) en hulle goed en veilig laat voel, of wanneer iemand se aanraking verkeerd voel (‘n nee gevoel) en hulle onveilig of ongemaklik laat voel. Dit help hulle om te leer om hulle eie oordeel te vertrou in situasies met ander mense. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid boek vir kwartaal 1 en 2.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Vandag is jou kans om te sien hoe goed jy die woorde wat ons oor die badkamer geleer het, onthou. Wys na die dinge wat jy in die video hoor.

Jy was vandag ‘n ware ster gewees! Mooi so!

Gaan ontspan en speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s