Vandag kan jy weer wys hoe baie jy al geleer het! In die Wiskunde oefentoets gaan jy in twees tel, aftrek, deel en groepe maak. Jy gaan na ‘n storie luister en vrae daaroor beantwoord. In die Klanke oefentoets gaan jy woorde bou, die storie lees, en sinne ontskommel. Ons gaan oor veiligheid gesels in Lewensvaardigheid, en eindig met Engels, waar jy kan spog met hoe goed jy die woorde wat jy oor verskillende soorte kos geleer het, ken. Hier gaan ons!
Die ding van toetse… Lees asseblief die nota hieronder.
Hierdie week sluit ‘n paar oefentoetse in. Die werk in die toetse is gebasseer op wat ons vanaf Dag 1 van die lesse op die webblad gedoen het. Ek beveel nie aan dat enige kind die toetse skryf, tensy hy/sy deeglik voorberei is om die werk te doen nie. Gaan eerder terug na vorige lesse indien jou kind eers onlangs met Kwartaal 2 se werk begin het. Die soek funksie kan ook help as jy na spesifieke onderwerpe wil teruggaan.
Die toetse moet so informeel as moontlik en met so min druk as moontlik gedoen word. Die enigste rede hoekom werk ooit geassesseer moet word, is sodat ons ‘n aanduiding kan hê van waar daar meer hulp benodig word, of waar ‘n konsep nog nie heeltemal vasgelê is nie. So, moenie die antwoorde of hulp buiten die instruksies gee nie, maar gee wel baie aanmoediging aan jou kind. As hy/sy vashaak, moedig hom/haar aan om terug te dink na hoe ons die werk voorheen gedoen het. Die toetse is hier beskikbaar met memo’s indien jy dit wil druk. Indien jy nie toegang tot ‘n printer het nie, kan jy hulle met die hand oorskryf. Die memo’s dui aan hoe die punte toegeken word en waarvoor ‘n onderwyser sal uitkyk.
Wiskunde – Oefentoets 2: Gee een opdrag op ‘n slag, en slegs die volgende een sodra jou kind die vorige afdeling voltooi het.


Luister na die storie en beantwoord die vrae wat volg. Jy hoef nie jou antwoorde te skryf nie – beantwoord dit mondelings.

Klanke – Oefentoets 2:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Lees die storie. Klank die woorde wat onbekend is, probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is, en meer opgewonde wanneer daar ‘n uitroepteken is.

Skryf – Oefentoets 2:

Lewensvaardigheid: Lees die blad oor veiligheid en sê wat jy daaroor dink. Is hulle veilig? Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid boek vir kwartaal 1 en 2.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Vandag is jou kans om te sien hoe goed jy die woorde wat ons oor verskillende kossoorte geleer het, onthou. Wys na die dinge wat jy in die video hoor.
Sjoe, jy het so goed gedoen vandag! Jy verdien om nou ‘n breuk.
Gaan ontspan en speel nou lekker!