Dag 33

Ons gaan die volgende paar dae gebruik om te kyk hoe goed jy elk van die dinge wat ons tot dusver geleer het, verstaan. Vandag in die Wiskunde oefentoets is daar geleentheid om getalname te skryf, vir optel, verdubbel, om getalkombinasies uit te werk, en om agteruit te tel. In die Klanke oefentoets is daar beginklanke en geskommelde woorde. Daar is ‘n nuwe storie om te lees en vir skryf gaan jy sinne by die korrekte prente pas. Ons gaan oor die verskillende bene in ons liggame leer in Lewensvaardigheid, en eindig met Engels, waar jy kan spog met hoe goed jy die woorde wat jy oor die kombuis geleer het, ken. Kom ons begin!

Die ding van toetse… Lees asseblief die nota hieronder.

Hierdie week sluit ‘n paar oefentoetse in. Die werk in die toetse is gebasseer op wat ons vanaf Dag 1 van die lesse op die webblad gedoen het. Ek beveel nie aan dat enige kind die toetse skryf, tensy hy/sy deeglik voorberei is om die werk te doen nie. Gaan eerder terug na vorige lesse indien jou kind eers onlangs met Kwartaal 2 se werk begin het. Die soek funksie kan ook help as jy na spesifieke onderwerpe wil teruggaan.

Die toetse moet so informeel as moontlik en met so min druk as moontlik gedoen word. Die enigste rede hoekom werk ooit geassesseer moet word, is sodat ons ‘n aanduiding kan hê van waar daar meer hulp benodig word, of waar ‘n konsep nog nie heeltemal vasgelê is nie. So, moenie die antwoorde of hulp buiten die instruksies gee nie, maar gee wel baie aanmoediging aan jou kind. As hy/sy vashaak, moedig hom/haar aan om terug te dink na hoe ons die werk voorheen gedoen het. Die toetse is hier beskikbaar met memo’s indien jy dit wil druk. Indien jy nie toegang tot ‘n printer het nie, kan jy hulle met die hand oorskryf. Die memo’s dui aan hoe die punte toegeken word en waarvoor ‘n onderwyser sal uitkyk.

Wiskunde – Oefentoets 1: Gee een opdrag op ‘n slag, en slegs die volgende een sodra jou kind die vorige afdeling voltooi het.

Klanke: Leer die -om woorde. Klank hulle uit, bou hulle met jou klankkaarte en vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Oefentoets 1:

Lees – Woorde: Leer die woorde wat gemerk is. Probeer om hulle dadelik te sê. Hou aan om jou woorde te leer totdat jy hulle almal mooi ken.

Lees: Vandag het ons ‘n splinternuwe storie! Klank die woorde wat onbekend is, probeer om elke dag vlotter te lees, en probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is, en meer opgewonde wanneer daar ‘n uitroepteken is.

Skryf – Oefentoets 1:

Lewensvaardigheid: Lees die blad oor die bene in jou liggaam en sê wat jy daaroor dink. Hierdie blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid boek vir kwartaal 1 en 2.

Engels Eerste Addissionele Taal – Woordeskat: Vandag is jou kans om te sien hoe goed jy die woorde wat ons oor die kombuis geleer het, onthou. Wys na die dinge wat jy in die video hoor.

Jy het wonderlik gedoen! En kyk net hoe slim is jy!

Gaan ontspan en speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s