Vandag is ‘n dag propvol pret! Ons gaan geometriese patrone uitbrei, die meting van inhoud ondersoek, vrae beantwoord oor ‘n grafiek, kyk hoe 3D vorms beweeg, vrae beantwoord oor die storie wat ons gelees het, oor ons vyf sintuie gesels, en ‘n lyf bou uit die dinge wat ons in en om ons huise kan vind. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Daar was tegniese probleme met die Downloads blad gewees, maar die probleem is nou opgelos. Klik op die skakel hier bo – veral om die nuwe Sigwoorde blad af te laai.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Geometriese patrone:

Meting van inhoud:


Data hantering:

Ruimte en vorm – 3D vorms:

Klanke – Nuwe woorde: Leer die -ot woorde. Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte, en vra dat Mamma of Pappa toets hoe goed jy hulle ken.

Leesbegrip: Lees die storie een laaste maal en beantwoord dan die vrae daaroor. As jy nie seker is oor ‘n antwoord nie moet jy weer in die storie gaan kyk.


Lewensvaardigheid: Gesels oor die vyf sintuie en vul dan die blokke onder aan die bladsy in. Vra jouself: kan jy ‘n blom ruik? Kan jy ‘n blom proe? Kan jy dit sien? Kan jy dit hoor? Kan jy dit voel? Vra hierdie vrae vir elkeen van die voorwerpe. As daar nie baie tyd is nie, kan jy die antwoorde sommer hardop sê. Die blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid boek vir kwartaal 1 en 2.

Engels Addisionele Taal: Skakel die klank af en spog met hoeveel woorde en sinne jy als alleen kan sê. Hierdie is die laaste dag wat ons hierdie video gaan gebruik, so as jy nog vassteek by sekere woorde moet jy jou bes probeer om dit vandag te leer.
En nou moet jy vreeslik lekker gaan speel, want jy was vandag ‘n ware ster gewees!