Dag 31

Vandag is ‘n wonderlike dag vir pret en leer! Ons gaan in onewe getalle tel, kleingeld en totale bereken, die woordeskat van posisie hersien, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde sorteer volgens hul eindklanke, sigwoorde en ‘n storie lees, oor ons vyf sintuie gesels en ontbrekende woorde invul. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Daar was tegniese probleme met die Downloads blad gewees, maar die probleem is nou opgelos. Klik op die skakel hier bo – veral om die nuwe Sigwoorde blad af te laai.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in onewe getalle:

Geld – Kleingeld:

Geld – Totale:

Storiesom:

Posisie in ruimte:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Eindklanke:

Lees – Sigwoorde. Leer die woorde wat gemerk is. Dit is belangrik dat jy die woorde vinnig kan sê. Jy kan die woorde uitknip en vra dat Mamma of Pappa hulle vir jou flits. Die sigwoorde is beskikbaar om af te laai onder Resources and Downloads.

Lees: Probeer jou bes om vlot te lees. As daar woorde is wat jy nog nie ken nie, klank hulle uit. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Lewensvaardigheid: Gesels oor die vyf sintuie en vul dan die ontbrekende woorde in. Die blad is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid boek vir kwartaal 1 en 2.

Engels – Skryf byskrifte:

Engels Addisionele Taal: Hoeveel woorde en sinne kan jy sonder die klank sê? Oefen so paar keer totdat jy almal mooi kan sê.

Jy is sommer baie slim! Jy het vandag mooi gewerk.

Gaan doen nou iets lekkers!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s