Vandag is vol lekker uitdagings! Ons gaan in twees tel, groepe maak, op ‘n nuwe manier gelykop deel, aftrek (minus), ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, ‘n luister en praat aktiwiteit doen, woorde bou, sigwoorde en ‘n storie lees, en byskrifte skryf. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Laat ons wegspring!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
Daar was tegniese probleme met die Downloads blad gewees, maar die probleem is nou opgelos. Klik op die skakel hier bo – veral om die nuwe Sigwoorde blad af te laai.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Tel in twees:

Groepering:

Deling:

Aftrekking (minus):

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Luister en praat: Luister eers na die storie en beantwoord dan die vrae wat volg.

Klanke – Bou woorde:

Lees – Sigwoorde. Leer die woorde wat gemerk is. Dit is belangrik dat jy die woorde vinnig kan sê. Jy kan die woorde uitknip en vra dat Mamma of Pappa hulle vir jou flits. Die sigwoorde is beskikbaar om af te laai onder Resources and Downloads.

Lees: Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf byskrifte vir ‘n prent: Teken jouself aan die linkerkant van jou bladsy (dit verhoed dat woorde as spiëelbeelde geskryf word) en skryf dan die byskrifte wat in die eerste prent aangedui is langs elke deel van jou liggaam. Skryf sommer ook ander dele van jou liggaam in as jy wil. Die oorspronklike werkvel is geneem uit die Departement van Basiese Onderwys se Lewensvaardigheid werkboek vir Kwartaal 1 & 2.


Engels Addisionele Taal: Vandag gaan ons gesels oor die skryfbehoeftes en ander dinge wat ons in die skool gebruik. Herhaal die video ‘n paar keer. Ons gaan die video vir ‘n week lank gebruik, so daag jouself uit om teen die einde daarvan al die woorde en sinne sonder hulp te kan sê.
Joe, maar jy is sommer baie oulik! Jy het vandag baie goed gedoen.
Gaan speel nou sommer baie lekker!