Vandag is daar baie geleenthede om te wys hoe slim jy is en hoeveel jy alreeds geleer het! Ons gaan agteruit tel, getalname skryf, optel (plus) en verdubbel, kombinasies van 7 aanpak, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, instruksies volg, woorde ontskommel, lees, en ‘n lawwe sin skryf. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Op jou merke, gereed, gaan!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Tel agteruit:

Getalname:
Optel (plus) en verdubbel:

Kombinasies van 7:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Leer die -ig woorde, Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte, en vra dat Mamma of Pappa toets hoe goed jy hulle ken.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees: Ons het ‘n splinternuwe storie vandag! Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem soos ‘n vraag moet klink wanneer daar ‘n vraagteken is.

Skryf ‘n lawwe sin:

Engels Addisionele Taal: Skakel die klank van die begin af af en kyk of jy al die woorde en sinne self kan sê. As jy nog nie kan nie, moet jy oefen totdat jy dit regkry, want ons begin môre met nuwe woorde.
Kyk nou net hoe slim jy is en hoeveel jy al geleer het! Mooi so!
Gaan speel nou lekker!