Vandag is propvol pret aktiwiteite! Ons gaan geometriese patrone uitbrei, inhoud meet en vergelyk, vrae beantwoord vir data hantering, ons leesbegrip toets, gesels oor hoe om veilig te bly, en noodnommers leer. Alhoewel Moedersdag verby is, kan jy nogsteeds die projek net vir die lekkerte doen om vir iemand te wys hoe lief jy vir hulle is. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons spring weg!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Geometriese patrone: Brei die patrone uit. Kyk mooi wat die oorspronklike patroon is en hoeveel keer dit herhaal moet word.

Meting van inhoud:

Data hantering:


Lees die storie een laaste maal en beantwoord die vrae wat volg. Teken ook jou weergawe van ‘n kaart met behulp van die inligting in die storie.


Bly veilig: Lees deur die volgende bladsye en stop na elke punt om daaroor te gesels met Mamma of Pappa. Sê wat jy dink en hoekom jy dink ons hierdie dinge moet doen om veilig te bly. Die inhoud is uit die Departement van Basiese Onderrig se Lewensvaardigheid werkboek vir kwartaal 1 en 2 geneem.




Noodnommers: Kyk of jy al die nommers sonder hulp kan sê.

Kuns:
Hier is die skakel na ons GEHEIME PROJEK wat vir Moedersdag bedoel was. Jy kan dit nogsteeds doen as jy vir iemand wil wys hoe lief jy vir hulle is.
Engels Addisionele Taal: Kyk hoeveel van die items kan jy benoem sonder die klank.
Dankie dat jy altyd jou beste gee en so mooi saamwerk.
Gaan speel nou lekker!