Vandag gaan ons lekker besig wees! Ons gaan in tiene agteruit tel, getalle orden, met geld werk, verdubbel, 2D vorms se name skryf, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, eindklanke skryf, lees, byskrifte by prente pas, en noodnommers leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Kom ons begin!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Tel agteruit in tiene en orden getalle:


2D vorms:

Verdubbel:

Geld: Kyk of jy die name van al die munte en note kan sê.


Bereken totale:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Eindklanke:

Lees: Klank die woorde wat onbekend is. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees. Probeer ook om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem ‘n bietjie harder en meer opgewonde moet klink wanneer daar ‘n uitroepteken is.

Skryf byskrifte:

Noodnommers: Leer die nommers en probeer om hulle te sê sonder om te kyk.

Engels Addisionele Taal: Ons is besig met die woordeskat vir die woonkamer. Probeer om die woorde en sinne sonder die klank te sê en kyk hoeveel jy reg kan kry.
Jy is sommer baie oulik! Baie mooi!
Gaan doen nou iets lekkers!