Dag 25

Vandag is vol lekker aktiwiteite! Ons gaan in vywe tel, hoofrekene op ‘n paar verskillende maniere doen, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woordfamilie ballonne maak, lees, ‘n lys maak, en noodnommers leer. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Hou vas! Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in vywe en hoofrekene:

Voor, na en tussen:

Nog hoofrekene:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke: Leer die -ik woorde. Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte, en wanneer jy gereed is, kan Mamma of Pappa hulle vir jou in ‘n toets vra.

Woordfamilies

Lees: Klank die woorde wat onbekend is en kyk of jy verstaan wat in die storie gebeur. Probeer om elke dag ‘n bietjie vlotter te lees.

Skryf ‘n lys:

Noodnommers:

Engels Addisionele Taal: Ons is besig met die woordeskat vir die woonkamer. Luister eers en sê dan die woorde en sinne saam met die video.

Jy werk baie mooi saam. Dankie vir jou harde werk!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s