Vandag is propvol lekker uitdagings. Ons gaan agteruit tel, getalname skryf, kombinasies van 6 bereken, optel, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde ontskommel, ons leesbegrip toets, en ‘n sin skryf. Daar is ook ‘n praat aktiwiteit as Engels jou addisionele taal is. Op jou merke, gereed, hier gaan ons!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Agteruit tel en getalname:

Kombinasies van 6:

Optelling (plus):
Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke: Leer vandag weer die -ip en -in woorde. Bou hulle met jou klankkaarte en vra vir Mamma of Pappa om die woorde vir jou in ‘n toets te sê, dan skryf jy hulle.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees die sinne een laaste maal. Beantwoord dan die vrae wat volg. As jy vashaak met ‘n vraag, gaan kyk weer in die storie, want al die inligting is daarin.

Jy hoef nie die vrae of jou antwoorde te skryf nie – sê dit sommer net hardop.

Skryf ‘n sin:

Engels Addisionele Taal: Vandag is ons laaste dag met hierdie video, want ons begin môre met ‘n nuwe een. Skakel die klank sommer van die begin af af en kyk of jy al die woorde en sinne self kan sê.
Joe, maar jy werk so hard! Jy kan baie trots wees op jouself.
Gaan speel nou lekker!