Vandag gaan ons lekker leer. Ons gaan in vywe en tiene tel, herhaalde optelling doen, ‘n storiesom uitwerk, verdubbel, geldsomme bereken, handskrif oefen, pret hê met woordfamilies, lees, ‘n sin ontskommel, en ‘n Engelse sin skryf. Hier gaan ons!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Verdubbel:

Geld:
Storiesom:

Tel in vywe en tiene, en herhaalde optelling:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke: Leer die -ip en -in woorde. Bou hulle met jou klankkaarte en vra vir Mamma of Pappa om die woorde vir jou in ‘n toets te sê, dan skryf jy hulle.

Klanke – Woordfamilies:

Lees – Sinne. Klank die woorde wat onbekend is en oefen om vlot te lees. Fokus ook al meer daarop om met gevoel te lees.

Skryf – Ontskommel die sin:

Engels Addisionele Taal – Skryf ‘n sin: Ons het hierdie week die name van dinge in die badkamer geleer, so nou gaan ons dit in ons sin en prent gebruik.

Dit was wonderlik! Dankie dat jy vandag jou bes gedoen het.
Gaan speel nou sommer lekker!