Vandag is ‘n lekker dag om… in twees tel tel, hoofrekene te doen, minus te oefen, ‘n storiesom uit te werk, handskrif te oefen, woorde te bou, en ‘n wenslys te skryf! Daar is ook bietjie Engels om te oefen indien dit jou addisionele taal is. Is jy gereed? Hier gaan ons!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Tel in twees en hoofrekene:

Voor, tussen, na en aftrek (minus):

As jy vergeet het hoe om minus somme te doen, kyk na hierdie video:
Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – woordelys: Ons oefen steeds die -it woorde. Klank die woorde, bou hulle met jou klankkaarte en, wanneer jy hulle almal ken, vra vir Mamma of Pappa om hulle vir jou in ‘n toets te vra.

Klanke – Bou woorde:

Lees: Klank die woorde wat onbekend is en oefen om vlot te lees.

Skryf ‘n wenslys vir jou verjaardag of vir Kersfees. Jy kan die woorde wat voorsien is, gebruik of as daar iets anders is wat jy graag op jou lys wil skyf, vra vir Mamma of Pappa om jou te help om dit te skryf. Teken dit wat op jou lys is en versier jou lys net soos jy wil.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Sê die woorde en sinne saam met die video. Kyk of jy hulle almal kan leer.
Jitte, maar jy is fluks! Dankie dat jy so mooi leer.
Gaan doen nou iets wat pret is!