Ons gaan vandag lekker besig wees. Ons begin deur agteruit te tel, dan gaan ons getalname skryf, ‘n storiesom uitwerk, kombinasies van 6 ondersoek, getalle orden, handskrif oefen, woorde bou, lees, en sinne orden. Daar is ook bietjie Engels om te oefen indien dit jou addisionele taal is.
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Tel agteruit en skryf die getalname, getalle en teken die korrekte hoeveelheid prente.

Storiesom:

Kombinasies van 6:

Orden getalle van groot na klein en dan klein na groot:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke: Ons leer nogsteeds die -it woorde. Klank elke woord soos wat jy dit leer. Vra vir Mamma of Pappa om te toets hoe goed jy hulle kan skryf sonder om te kyk.

Klanke – Eindklanke: Skryf die laaste klank vir elke woord. Kies van die klanke aan die regterkant.

Lees: Klank die woorde wat onbekend is en oefen om vlot te lees.

Skryf – Orden sinne: Skryf die sinne in die korrekte volgorde en teken dan ‘n prent oor elke deel van die storie.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons gaan hierdie woorde vir ‘n week lank oefen. Kyk of jy hulle almal kan leer en uiteindelik die woorde en sinne sonder hulp kan sê.
Jy kan so trots wees op al jou harde werk! Welgedaan!
Gaan speel nou lekker!