Dag 19

Ons gaan al die lekkerste werk vandag doen. Eerste gaan ons na ons gevoelens omsien, dan rangskik ons getalle, brei geometriese patrone uit, ondersoek inhoud, teken bevindinge op ‘n grafiek aan, praat oor hoe 3D vorms beweeg, beantwoord vrae oor ons leesstuk, en maak ‘n boek. Daar is ook bietjie Engels om te oefen indien dit jou addisionele taal is.

Emosies: Teken ‘n gevoelensboom. Dan gaan jy verskillende kleure gebruik om vrugte in die boom te teken om te wys hoe jy oor die afgelope week gevoel het. Teken ‘n geel vrug vir elke keer wat jy gelukkig gevoel het. As jy ses keer gelukkig gevoel het, moet jy ses geel vrugte teken. Rooi vrugte is vir al die kere wat jy kwaad gevoel het. Blou vrugte is vir die kere wat jy hartseer gevoel het en oranje vrugte is vir die kere wat jy geïrriteerd of gefrustreerd gevoel het. Hierdie is ‘n goeie geleentheid om te gesels oor die dinge wat jy voel.

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Orden getalle: Rangskik die getalle eers van klein na groot en dan van groot na klein.

Geometriese patrone: Herhaal elke patroon drie maal. Kyk mooi – wanneer die vorm groot is, moet joune ook groot wees en wanneer dit klein is, moet joune ook klein wees.

Meting van inhoud: Skryf eers in jou boek en gaan stel dan ondersoek in in jou kombuis of badkamer.

Data hantering: Tel eers die voorwerpe in elke versameling, teken jou bevindinge op die grafiek aan, en beantwoord die vrae.

Ruimte en vorm: Hoe 3D vorms beweeg.

Leesbegrip: Lees die storie een laaste maal en beantwoord dan die vrae daaroor. Jy hoef nie die vrae neer te skryf of jou antwoorde te skryf nie – beantwoord dit sommer mondelings.

Skryf – Maak jou eie boek:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Skakel vandag die klank af en kyk of jy al die woorde self kan sê.

Baie goeie werk. Jy is sommer baie oulik!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s