Dag 18

Vandag gaan ons lekker leer. Ons gaan in tiene tel, ‘n storiesom uitwerk, verdubbel, kleingeld bereken, handskrif oefen, nuwe woorde aanleer, woorde in woordfamilies rangskik, lees, ontbrekende woorde invul, en ‘n Engelse sin skryf. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in tiene: Gebruik jou getalleblok om die volgende te voltooi.

Storiesom – Herhaalde optelling:


Verdubbel: Doen hierdie somme. As jy vergeet het hoe om te begin, kyk die video wat daarna volg.

Geld – Kleingeld:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – nuwe woorde: Leer die -eg en -el woorde. Bou hulle met jou klankkaarte en vra vir Mamma of Pappa om die woorde vir jou in ‘n toets te sê, dan skryf jy hulle.

Klanke – Woordfamilies:

Lees – Sinne. Klank die woorde wat onbekend is en oefen om vlot te lees. Fokus ook al meer daarop om met gevoel te lees. Onthou dat jou stem bietjie harder en meer opgewonde moet klink waarookal daar ‘n uitroepteken is.

Skryf – Ontbrekende woorde:

Engels Addisionele Taal – Skryf ‘n sin: Ons het hierdie week geleer oor die name van kossoorte, so nou gaan ons dit in ons sin en prent gebruik.

Jy is ‘n ster! Jy het vreeslik mooi saamgewerk vandag.

Gaan speel nou sommer lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s