Ons gaan ons breine lekker oefening gee vandag! Ons gaan in vywe tel, ‘n storiesom uitwerk, hoofrekene en handskrif oefen, woorde bou, lees, en ‘n skommelsin ontsyfer. Daar is ook bietjie Engels om te oefen indien dit jou addisionele taal is. Laat ons wegspring!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Tel in vywe: Gebruik jou getalleblok of ‘n getallelyn om jou te help om hierdie te voltooi.

Storiesom:

Hoofrekene – een en twee meer:

Hoofrekene – voor, tussen en na:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Woordbou:

Lees – Sinne. Klank die woorde wat onbekend is en oefen om vlot te lees. Vertel vir iemand die storie in jou eie woorde sonder om na die sinne te kyk om te wys of jy die storie verstaan. Kyk of jy alles wat in die storie gebeur, kan onthou.

Skryf – Ontskommel die sin:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons gaan hierdie woorde vanweek oefen. Kyk of jy hulle almal kan leer. Skakel die klank van die video af wanneer jy wil toets of jy al die woorde ken.
Jou werk is pragtig! Mooi so!
Gaan speel nou lekker!