Dag 16

Vandag spring ons weg met tel in twees, halvering, herhaalde optelling, handskrif, ontskommel woorde, lees, en dan gaan ons ‘n inkopielys skryf. Daar is ook bietjie Engels om te oefen indien dit jou addisionele taal is. Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in twees. Kyk na jou getalleblok of getallelyn indien jy vashaak.

Halvering:

Herhaalde optelling:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – leer steeds die -es en -ek woorde. Bou hulle met jou klankkaarte en vra Mamma of Pappa om jou te toets.

Klanke – ontskommel woorde: Skryf die -ek en -es woorde op die regte manier.

Lees – sinne. Klank die woorde wat onbekend is en oefen om vlot te lees.

Skryf ‘n lys vir wanneer mamma of pappa weer winkel toe moet gaan:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons gaan die woorde heel week oefen. Kyk of jy hulle almal kan leer.

Kyk nou net hoe oulik is jy! Dankie dat jy so mooi probeer.

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s