Dag 15

Ek hoop jy is reg vir ‘n dag propvol lekker werk. Ons gaan vorentoe en agteruit tel, bietjie kopkrap met ‘n storiesom, getalname skryf, kombinasies van 5 leer. handskrif oefen, nuwe klanke leer en eindklanke uitken, lees, en ‘n sin skryf. Daar is ook bietjie Engels om te oefen indien dit jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel: Vandag gaan ons die getalreeks verhoog tot 60. Tel in ene tot 60 en weer agteruit.

Storiesom: Jy moenie die storiesom uitskryf nie – doen slegs die bewerking en onthou om jou sirkels te teken en die woord by jou antwoord te skryf.

Getalname: Skryf die getalnaam, laat ‘n vingerspasie, skryf dan die getalsimbool (syfer), nog ‘n vingerspasie en teken laastens soveel prentjies as wat die getal vir ons sê.

Kombinasies van 5: Daar is verskillende maniere om die antwoord konkreet te bereken, so daar is 2 videos om verskillende wyses te demonstreer.

Met tellers.
Met vingers.

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Fokus daarop om die letter op die regte plek te begin en raak aan die onderste lyn. Probeer om nie jou hand op te lig terwyl jy die letters vorm nie.

Klanke – Nuwe woorde: Leer die -es en -ek woorde. Bou die woorde met jou klankkaarte en vra vir mamma of pappa om jou te toets.

Klanke – Eindklanke. Luister mooi watter klank jy aan die einde van elke woord hoor en skryf dit dan.

Lees – Ons begin vandag met ‘n nuwe storie vir die week. Klank die woorde wat onbekend is en oefen om vlot te lees.

Skryf: Skryf ‘n sin om te sê hoe jy jou familie in die huis help en teken ‘n prent om te wys hoe jy dit doen. Daar is ‘n paar voorstelle van woorde wat jy in die plek van die lyn kan skryf, maar vra vir Mamma of Pappa om jou te help om die woorde te skryf as daar iets anders is waarmee jy in die huis help.

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons gaan hierdie woorde vir ‘n week lank oefen. Kyk of jy hulle almal kan sê en verstaan.

Sjoe, maar jy is verskriklik slim! Jy het mooi gewerk vandag.

Gaan doen nou iets pret!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s