Ons het al die lekker aktiwiteite gehou om vandag te doen. Ons gaan getalle rangskik, meet in die kombuis, in ons klerekaste data hantering doen, handskrif oefen, woorde in woordfamilies rangskik, illustreerders wees vir ons storie, en ‘n familie-album maak. Kom ons spring weg!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Rangskik die getalle eers van klein na groot, en dan van groot na klein:

Meting van inhoud:

Data hantering: Gaan na jou klerekas en tel jou hemde, skoene, broeke en sokkies. Kleur die gepasde hoeveelheid blokkies op jou grafiek in en beantwoord dan die vrae.

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag. Probeer jou bes om op die regte plek te begin en om nie jou hand te lig terwyl jy ‘n letter vorm nie.

Klanke – Woordfamilies: Rangskik die woorde in die korrekte woordfamilies.

Jy is nou ‘n illustreerder! Lees die sinne vir oulaas. Dink dan oor die storie wat jy gelees het en teken ‘n prent om te wys waaroor die storie handel.


Maak ‘n familie-album: Skryf die name van ses familielede in jou blokke – jy kan kies watter ses jy wil skryf. Die laaste blok bevat die name van nog familielede wat jy kan gebruik. Teken dan ‘n prent van elkeen, of knip ‘n foto van elkeen uit (net as Mamma of Pappa vir jou toestemming gegee het om dit te doen). Versier jou album mooi met gekleurde kryte, plakkers of enigiets anders wat jy graag wil gebruik.

Engels Eerste Addisionele Taal – Woordeskat: Ons oefen vir oulaas die woordeskat vir die kombuis. Kyk of jy al die woorde ken.
Jy het so mooi saamgewerk en ek hoop dat jy die aktiwiteite geniet het.
Gaan speel nou lekker!