Dag 13

Ons gaan vandag lekker werk. Ons gaan in tiene tel, bietjie geldsomme doen, ‘n storiesom uitwerk, patrone uitbrei, ruimte en vorm behandel, handskrif oefen, woorde bou, lees, en ‘n sin ontskommel. Daar is ook bietjie Engels om te oefen indien dit jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

Kruis die middellyn – Hierdie is ‘n aktiwiteit wat ek met my klas doen wanneer hulle bietjie kriewelrig raak, of wanneer hulle nuwe werk aanleer en mooi moet konsentreer. Dankie aan my seun, Ntando dat hy dit vir ons demonstreer het. 🙂

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Wiskunde:

Ken jy die waarde van al die munte en banknote?

Ruimte en vorm:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag.

Klanke – Bou woorde:

Lees – Lees die sinne net nog vandag. Oefen totdat jy lekker vlot lees. Onthou om die woorde wat jy nog nie ken nie uit te klank. Dan wag daar in die volgende les vir ons ‘n baie lekker aktiwiteit hieroor.

Skryf – Ontskommel die sin:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons gaan hierdie woorde net tot die volgende les oefen. Kyk of jy hulle almal kan leer.

Jy het baie mooi gewerk vandag. Mooi so!

Gaan doen nou iets lekkers!

2 thoughts on “Dag 13

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s