Dag 12

Ons het soveel lekker dinge om vandag te doen. Ons gaan in vywe tel, bietjie aftrek en halveer, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, woorde ontskommel, lees, en ontbrekende woorde invul. Daar is ook bietjie Engels om te oefen indien dit jou addisionele taal is. Kom ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Wiskunde:

As jy nie seker is hoe ons aftrek nie, kyk hier:

As jy hulp nodig het om met halvering te begin, kyk hierdie video:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag.

Klanke – Ontskommel woorde:

Lees – Lees die sinne vir die volgende twee dae. Oefen totdat jy lekker vlot lees. Onthou om die woorde wat jy nog nie ken nie uit te klank. Dan wag daar vir ons ‘n baie lekker aktiwiteit oor hierde sinne.

Skryf – Ontbrekende woorde:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat: Ons gaan hierdie woorde vir ‘n week lank oefen. Kyk of jy hulle almal kan leer.

Jou oulike kind! Dankie dat jy so hard werk.

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s