Dag 11

Is jy gereed om vandag lekker werk te doen? Ons begin met tel in twees, dan plus en verdubbel ons, werk ‘n storiesom uit, oefen handskrif, skryf die eindklanke van woorde, lees, en orden die sinne van ‘n storie. Daar is ook bietjie Engels om te oefen indien dit jou addisionele taal is. Hou vas! Hier gaan ons!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Wiskunde:

As jy nie seker is hoe ons optel nie, kyk hier:

As jy hulp nodig het om met verdubbeling te begin, kyk hierdie video:

Storiesom:

Handskrif: Omdat Handskrif geassesseer word, is die korrekte vorming van letters baie belangrik. Skryf eerder stadig en netjies as om te jaag.

Klanke – Nuwe woorde en eindklanke:

Lees – Lees die sinne vir die volgende drie dae. Daarna gaan ons ‘n lekker aktiwiteit doen om te wys wat ons sinne sê.

Skryf – Ordening:

Engels Addisionele Taal – Woordeskat:

Jong, maar jy is mos baie slim! Welgedaan!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s