Dag 10

Ons het baie lekker dinge om vandag te doen. Ons begin met tel tot 50 en agteruit, dan verdubbel ons, rangskik woorde in woordfamilies, lees, en vul ontbrekende woorde in. Laat ons begin!

As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.

‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!

Tel in ene tot 50 en agteruit:

Verdubbel:

Klanke – Woordfamilies:

Lees – Lees die sinne elke dag. Fokus daarop om vlot te lees en klank die woorde waarmee jy sukkel. Probeer ook om met gevoel te lees.

Skryf – Ontskommel die sin:

Jy is sommer baie oulik!

Gaan speel nou lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s