Ons gaan vandag sommer baie pret hê! Ons begin met tel in vywe, trek dan af, leer klanke, lees, en ontskommel ‘n sin. Hier gaan ons!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Tel in vywe tot 100:

Aftrekking:

Klanke:

Lees – Lees die sinne elke dag. Fokus daarop om vlot te lees en klank die woorde waarmee jy sukkel. Probeer ook om met gevoel te lees.

Skryf – Ontskommel die sin:

Jy kan baie trots wees op hoe hard jy vandag probeer het. Mooi so!
Gaan doen nou iets lekkers!