Ons gaan vandag tel to 50 en dan weer agteruit, getalname hersien, klanke leer, sinne lees en nuus skryf. Hier gaan ons!
As jy nuut is kan jy die hulpbronne wat vir tel in veelvoude, klanke wat aangeleer is (om in klankkaarte op te knip) klanklyste, en sigwoordlys hier aflaai. Daar is ook ‘n paar oefentoetse oor Kwartaal 2 se werk.
‘n Nota aan ouers: Laat jou kind toe om soveel moontlik van die skryfwerk te doen. Dit hou hom/haar nie bloot net langer besig nie, maar bied veral die geleentheid om te oefen om korrek na (af) te skryf – ‘n vaardigheid wat normaalweg baie fokus sou ontvang in die klaskamer. Van die take is uitdagend, maar moenie net die antwoord gee nie. As jou kind vashak, gee eerder ‘n leidraad of lei hom/haar deur die stappe om self by die antwoord uit te kom. Jy sal verbaas wees oor hoe slim kinders kan wees!
Tel in ene tot 50, en dan agteruit van 50 tot 1:

Skryf getalname:

Klanke – Bou die woorde met jou klankkaarte.

Lees – Lees die sinne en oefen om vlot te lees. Ons begin môre met nuwe sinne.

Skryf nuus:

Jy is sommer baie oulik! Mooi so! Gaan doen nou iets wat pret is.